Oesbekistan of Oezbekistan, amptelik die Republiek van Oesbekistan (Oesbekies: Oʻzbekiston Respublikasi, Ўзбекистон Республикаси), is 'n landingeslote land in Sentraal-Asië, wat van 1924 tot 1991 by die armste republieke van die Sowjetunie gereken is. Sy hoofstad en grootste stad is Tasjkent (Oesbekies: Tosjkent) met 'n bevolking van 2 229 400 in 2005. Danksy 'n uitgestrekte besproeiingsstelsel waas die republiek die Sowjetunie se vernaamste verskaffer van katoen. In 1991 is die bevolking teensinnig om die onafhanklikheid van Rusland te aanvaar; lidmaatskap in 'n statebond met Rusland word veral om ekonomiese redes as voordelig beskou. Die ekonomiese agteruitgang skep 'n groot probleem vir die regering; tydens die Sowjetse heerskappy vind nog 'n grootskaalse industrialisering nog 'n russifisering plaas. Die regering tree gereeld met geweld teen die opposisie en Islamitiese fundamentaliste op. In Mei 2005 sterf meer as 1 000 betogers en soldate, nadat onluste in die stad Andisjan uitbreek.
Developed by StudentB